Die RENDEZVOUS-kunsprojek, in vennootskap met die Franse meester-litografis Elisabet PONS het in 2009 ‘n groot deel van die werke van die uitgebreide PONS-versameling (Parys-Frankryk) na Suid-Afrika gebring en die werke met litografieë deur uitstaande kontemporêre Suid-Afrikaanse en Franse kunstenaars aangebied. Hierdie werke sluit kunswerke in van William Kentridge, Judith Mason, Diane Victor, Jacques Vileglé, Peter [...]


